Vandag begin die haatspraak saak teen Malema voortspruitend uit die Brackenfell Hoërskool insident

Bron: Francois van der Merwe van Bittereinders

Vandag begin die haatspraak saak teen Malema voortspruitend uit die Brackenfell Hoërskool insident in 2020 en Malema se gewraakte toespraak in die Wes-Kaap op 16 Oktober 2022.

Ons van die Bittereinders se kant af is al laasjaar gekontak om betrokke te raak by hierdie saak. Ons het ʼn suksesvolle fondsinsameling geloods om hierdie hofsaak moontlik te maak, en ons is in daaglikse kontak met die regspan.

Ons sal julle oor die volgende 2 week deurlopend opdateer oor die saak en wat daar gebeur.

Die taalkundige sal vandag met haar getuienis begin, dit is baie tegnies en sal omtrent twee dae vat vir hoofondervraging, en seker ʼn dag vir kruisondervraging en dan herondervraging.

Hierdie kan ʼn waterskeidings oomblik vir ons wees, so kom ons hou die regspan en vir Dante in ons gebede in hierdie tyd.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui